Notas
- Elkeen het daardie een spesiale oomblik…
- Elkeen het daai een bloed-sweet oomblik ook…
- Die Spesiale oomblikke voel soos ‘n vlietende sekonde…
- …bloed-sweet oomblikke soos ‘n duisend jaar…
- My bloed-sweet oomblik…
- Mans, word versigtig, so bietjie eenkant toe geskuif as dit by trou relings kom.
- Hul kry die een “belangrike” taak: Bring jy die trou ringe!
- Op ons groot dag is daar! Charmaine stap in die paadjie af…
- My a skoon pa gee haar versigtig aan my oor…
- Hy het ‘n breë glimlag om sy mond, maar sy oë sê:
- Boetie mors met haar en my mors met my!
- Maar die oomblik toe ek my bruid se oë ontmoet is daar net een gedagte in my gemoed…
- Die trou ringe!!
- Netjies toe gesluit in my kantoor op die eerste verdieping…(Kerk)
- Die Predikant doen sy bes om my aandag te kry…
- My enigste fokus…
- Hoe gaan ek daai ringe in die hande kry?
- Charmaine kyk bekommerd na my, sy het my nog nooit so sien sweet nie,
- kry ek dalk koue voete?
- Die res is geskiedenis…
- Of is ek geskiedenis?
- Daardie aand kyk ons die foto’s deur….
- Ek sien ‘n foto wat die oomblik van my grootste flater ooit vasvang…
- Maar haar glimlag in daardie oomblik genees my hart in ‘n oogwink.
- Ons grootste spanning kom in die tye wanneer ons geen beheer het nie.
- Daardie stres wat ons nie kan illumineer, ignoreer of verander nie.
- Dan voel hierdie vers onmoontlik:
- Ps 46:10 Wees stil en erken dat Ek God is; Ek is verhewe oor die nasies, verhewe oor die aarde!
- My Persoonlikheid groep gee sooo moeeeilik oor…
- Amper onmoontlik!
- In die weermag moes ek mense help om die uiterste grense van hulle vermoëns te ontdek…
- Voordat ons hulle kon leer hoe om uit ‘n viegtuig te spring…
- Daar was oorgee ‘n skande, die onvergeeflike sonde!
- My achillis hill: Ek het oorgee met Opgee verwar.
- Opgee met oorgee verwar…
- Ons tema: Oorgee is nie opgee nie.
- Ons tema: Oorgee is nie opgee nie
- Dr. Livingstone het in Maart 1866 die oorsprong van die Nyl gaan soek.
- Hy het vinnig geleer hoe belangrik vriende in Afrika was
- Verbonde – Sny – Koolstof – Voorarms…
- Vyande – hande oplig…
- Lyk soos oorgee… maar hulle kon die vriende aan al die merke sien…
- Sy oorgee was nie opgee nie!
- Swaar druppels bloed-sweet drup van Jesus se kop en plof op die sand.
- Dan doen Hy iets wat enige man eers na Bloed sweet kan doen:
- Luk 22:42 Vader, as U wil, neem hierdie beker van My weg;
- nogtans, nie My wil nie, maar U wil moet geskied.
- Lucifer dink by homself: Uiteindelik my oorwinning is naby!
- Dan kom Jesus se moeilikste oomblik:
- Mat 27:46 en omtrent die negende uur het Jesus met ‘n groot stem geroep: Eli, Eli, lama sabagtáni?
- Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
- : Dan kom Jesus se grootste oomblik:
- Luk 23:46 En Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep: Vader, in u hande gee Ek my gees oor!
- En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.
- Dan kom Lucifer se ergste oomblik:
- Kol 2:13 En julle, wat dood was deur die misdade van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak
- deurdat Hy julle al die misdade vergeef het…
- :14 en die skuldbrief teen ons, … weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael…
- :15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.
- Wat gebeur wanneer ek en jy “hands up”…
- oorgee en op ons verbond staat maak?
- Wanneer jy staat maak op jou verbond…
- Ons moeilikste oomblik raak ons grootste oomblik en ons vyand se ergste oomblik!
- Wanneer vat spanning die pad?
- Spanning verlig wanneer jy: God, God laat wees…
- Wanneer jy sê:
- Ek gee beheer oor want u kan dinge verander waaroor ek geen beheer het nie.
- Ps46:1 God is vir ons ’n skuilplek en ’n beskerming (macha-seh => ‘n Plek van nuwe hoop)
- :10 Wees stil en erken dat Ek God is; (raw-faw => Maak die toue slapper)
- In swak wind maak ons die seile slapper want dan kan hulle meer wind skep.
- Voel die wind van die Heilige Gees swakkerig in jou?
- Lig die spanning op jou toue.
- [ Hoe maak ek my toue slapper? ]
- 1 Gee beheer oor.
- Onthou oorgee is nie opgee nie.
- Oorgee beteken jy maak op jou verbond staat.
- Wat het met Abraham gebeur toe hy Sy verbond met die Here ernstig opneem?
- Gen 17:4 Wat My betref, kyk, dit is my verbond met jou… 5 Jy sal nie meer Abram genoem word nie;
- jou naam sal Abraham wees, want Ek maak jou die vader van baie nasies.
- Jou naam verander!
- Watter naam het jou tot dus vêr aan jouself gegee?
- Swak, klein, nutteloos, vol merke?
- Wys jou merke vir jou vyande?
- 2 Leer om dankbaar en tevrede te wees.
- Dis die sleutel tot vrede. (Ps 23 – video)
- Dankbaarheid beteken nie ek is nou ‘n masochis nie.
- Dit is ‘n fokus skuif.
- Christene se gunsteling vers:
- Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
- Hoor wat gaan die vers vooraf:
- Fil 4:11 …want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
- 3 Lê my planne voor Sy voete.
- Probleme saboteer planne.
- Dan vra ons wat is God se wil?
- Hy wil: Sy krag in ons lewe vertoon.
- Jesus sluit sy gebed af met:
- Laat U koninkryk kom, laat U wil geskied.
- M.a.w. Laat die toekoms aan die Here oor…
- Dan kan jy jou hande oplig sodat die vyand:
- …Dan kan jy jou hande oplig!
- Jou verbond en Sy toekoms kan sien