Notas

  • Elkeen het daardie een spesiale oomblik…
  • Elkeen het daai een bloed-sweet oomblik ook…
  • Die Spesiale oomblikke voel soos ‘n vlietende sekonde…
  • …bloed-sweet oomblikke soos ‘n duisend jaar…
  • My bloed-sweet oomblik…
  • Mans, word versigtig, so bietjie eenkant toe geskuif as dit by trou relings kom.
  • Hul kry die een “belangrike” taak: Bring jy die trou ringe!
  • Op ons groot dag is daar! Charmaine stap in die paadjie af…
  • My a skoon pa gee haar versigtig aan my oor…
  • Hy het ‘n breë glimlag om sy mond, maar sy oë sê:
  • Boetie mors met haar en my mors met my!
  • Maar die oomblik toe ek my bruid se oë ontmoet is daar net een gedagte in my gemoed…
  • Die trou ringe!!
  • Netjies toe gesluit in my kantoor op die eerste verdieping…(Kerk)
  • Die Predikant doen sy bes om my aandag te kry…
  • My enigste fokus…
  • Hoe gaan ek daai ringe in die hande kry?
  • Charmaine kyk bekommerd na my, sy het my nog nooit so sien sweet nie,
  • kry ek dalk koue voete?
  • Die res is geskiedenis…
  • Of is ek geskiedenis?
  • Daardie aand kyk ons die foto’s deur….
  • Ek sien ‘n foto wat die oomblik van my grootste flater ooit vasvang…
  • Maar haar glimlag in daardie oomblik genees my hart in ‘n oogwink.
  • Ons grootste spanning kom in die tye wanneer ons geen beheer het nie.
  • Daardie stres wat ons nie kan illumineer, ignoreer of verander nie.
  • Dan voel hierdie vers onmoontlik:
  • Ps 46:10 Wees stil en erken dat Ek God is; Ek is verhewe oor die nasies, verhewe oor die aarde!
  • My Persoonlikheid groep gee sooo moeeeilik oor…
  • Amper onmoontlik!
  • In die weermag moes ek mense help om die uiterste grense van hulle vermoëns te ontdek…
  • Voordat ons hulle kon leer hoe om uit ‘n viegtuig te spring…
  • Daar was oorgee ‘n skande, die onvergeeflike sonde!
  • My achillis hill: Ek het oorgee met Opgee verwar.
  • Opgee met oorgee verwar…
  • Ons tema: Oorgee is nie opgee nie.
  • Ons tema: Oorgee is nie opgee nie
  • Dr. Livingstone het in Maart 1866 die oorsprong van die Nyl gaan soek.
  • Hy het vinnig geleer hoe belangrik vriende in Afrika was
  • Verbonde – Sny – Koolstof – Voorarms…
  • Vyande – hande oplig…
  • Lyk soos oorgee… maar hulle kon die vriende aan al die merke sien…
  • Sy oorgee was nie opgee nie!
  • Swaar druppels bloed-sweet drup van Jesus se kop en plof op die sand.
  • Dan doen Hy iets wat enige man eers na Bloed sweet kan doen:
  • Luk 22:42 Vader, as U wil, neem hierdie beker van My weg;
  • nogtans, nie My wil nie, maar U wil moet geskied.
  • Lucifer dink by homself: Uiteindelik my oorwinning is naby!
  • Dan kom Jesus se moeilikste oomblik:
  • Mat 27:46 en omtrent die negende uur het Jesus met ‘n groot stem geroep: Eli, Eli, lama sabagtáni?
  • Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?
  • : Dan kom Jesus se grootste oomblik:
  • Luk 23:46 En Jesus het met ‘n groot stem uitgeroep: Vader, in u hande gee Ek my gees oor!
  • En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit.
  • Dan kom Lucifer se ergste oomblik:
  • Kol 2:13 En julle, wat dood was deur die misdade van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak
  • deurdat Hy julle al die misdade vergeef het…
  • :14 en die skuldbrief teen ons, … weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael…
  • :15 nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.
  • Wat gebeur wanneer ek en jy “hands up”…
    • oorgee en op ons verbond staat maak?
  • Wanneer jy staat maak op jou verbond…
  • Ons moeilikste oomblik raak ons grootste oomblik en ons vyand se ergste oomblik!
  • Wanneer vat spanning die pad?
  • Spanning verlig wanneer jy: God, God laat wees…
  • Wanneer jy sê:
  • Ek gee beheer oor want u kan dinge verander waaroor ek geen beheer het nie.
  • Ps46:1 God is vir ons ’n skuilplek en ’n beskerming (macha-seh => ‘n Plek van nuwe hoop)
  • :10 Wees stil en erken dat Ek God is; (raw-faw => Maak die toue slapper)
  • In swak wind maak ons die seile slapper want dan kan hulle meer wind skep.
  • Voel die wind van die Heilige Gees swakkerig in jou?
  • Lig die spanning op jou toue.
  • [ Hoe maak ek my toue slapper? ]
  • 1 Gee beheer oor.
  • Onthou oorgee is nie opgee nie.
  • Oorgee beteken jy maak op jou verbond staat.
  • Wat het met Abraham gebeur toe hy Sy verbond met die Here ernstig opneem?
  • Gen 17:4 Wat My betref, kyk, dit is my verbond met jou… 5 Jy sal nie meer Abram genoem word nie;
  • jou naam sal Abraham wees, want Ek maak jou die vader van baie nasies.
  • Jou naam verander!
  • Watter naam het jou tot dus vêr aan jouself gegee?
  • Swak, klein, nutteloos, vol merke?
  • Wys jou merke vir jou vyande?
  • 2 Leer om dankbaar en tevrede te wees.
  • Dis die sleutel tot vrede. (Ps 23 – video)
  • Dankbaarheid beteken nie ek is nou ‘n masochis nie.
  • Dit is ‘n fokus skuif.
  • Christene se gunsteling vers:
  • Fil 4:13 Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
  • Hoor wat gaan die vers vooraf:
  • Fil 4:11 …want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
  • 3 Lê my planne voor Sy voete.
  • Probleme saboteer planne.
  • Dan vra ons wat is God se wil?
  • Hy wil: Sy krag in ons lewe vertoon.
  • Jesus sluit sy gebed af met:
  • Laat U koninkryk kom, laat U wil geskied.
  • M.a.w. Laat die toekoms aan die Here oor…
  • Dan kan jy jou hande oplig sodat die vyand:
  • …Dan kan jy jou hande oplig!
  • Jou verbond en Sy toekoms kan sien